|
Die Wolmer Projek The Wolmer Project |
26 Augustus 2004 Goeiemôre, Net gou bietjie inligting oor die Wolmer projek. 1. Ons gee 3 keer per week middag ete aan ± 27 persone (hoofsaaklik kinders) 2. Die projek word vanuit Martie Coetzer se huis in Broodryk straat bedryf 3. Ons probeer oom nou ook Vrydae 'n klein kospakkie te gee maar was tot dusvêr nog nie baie suksesvol daarmee nie agv te min fondse 4. Ons het nou 'n gesin bygekry wat gesig-gestrem is. Almal het probleme met hulle oë. Die jongste dogtertjie is heeltemal blind. Ek sal volgende week meer aandag aan hierdie gesin gaan gee en kyk wat mens aan hulle situasie kan doen. Miskien raad by die Sonitis skool gaan kry. 5. Ons het ook 'n middeljarige blinde dame wat alleen met haar gidshond bly. Sy ontvang ook middag etes. 6. Dan is daar nog ander gesinne waarby ons betrokke is. Daar was gister ook 'n berig in die Beeld oor Wolmer. Sal die persone wat by die Wolmer Projek betrokke wil raak my asb kontak. Ons sal dit apart van Danville moet doen. Ek verskaf later meer inligting Geniet die dag Elsabe |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|