Danville Hulp Groep
Dringende  Nood

 

Elsabe is beskikbaar by E.pos elecnet@mweb.co.za

 en Sel 082 8282 551 H 012 991 3914

 
  Op die bladsy is gevalle van nood wat dringend aandag geniet  
 
 
  26 Augustus 2004
Net toe ek dink alles is onder beheer ! - Ons het nou 2 oumense wat onder 'n seil skuiling onder die bome bly (naby Satan hulle) Ons moet hulle vinnig daar uit kry want hulle is bitterlik verwaarloos en verhonger!.

Ons kan 'n Wendy huisie agter in tannie Elsie hulle se erf sit, maar het nou weereens fondse daarvoor nodig. Indien daar iemand is wat ons kan help, groot asb!.

Hoor graag van julle

Terugvoer, 7 September2004  Danksy wonderlike borge was dit vir ons moontlik om 2 Wendy huisies te kon oprig verlede week. Die mense wat onder 'n seil gewoon het is Maandag middag al glimlaggend in hulle houthuisie in! - voorwaar 'n gesig gewees om te aanskou!
Nogmaals dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.

 
 
 
 
Ons het 'n groot tekort aan komberse en warm klere - Ons het tenminste 500 komberse nodig!
Dan is dit ± 1 kombers per persoon. 92 gesinne met gemiddeld 5 persone per gesin en in sommige gevalle minder of meer.
Gerhard Blom is in beheer van die insameling van komberse en linne - kontak hom asb as julle hiermee kan help
Cell 082 4164 378 na-ure asb.


Ons het genoeg kruidenierware tot volgende Vrydag die 4e Junie.
Die winter is hier! - Sop is nou die antwoord. 'n Lekker pot voedingryke sop kan sommer baie magies volmaak.
Kook maar asb so bietjie ekstra en vries dit vir ons mense. 2l roomys houers is ideaal hiervoor.


Warm klere - Ons kan vir die bejaardes vra om truie vir die kinders te brei - maar ons het wol nodig. As jy dalk 'n paar bolle wol het wat nog van 3 jaar terug in die kas lê en nog nie gebruik is nie - gooi maar oor asb! ons het baie nodig.

Sweetpak materiaal word benodig vir die maak van sweetpakke vir die kinders.


Ek sal julle deurentyd op hoogte hou van ons vordering.

Ek is beskikbaar by E.pos elecnet@mweb.co.za en Cell 082 8282 551 H 012 991 3914

Elsabe

 
 
 
 
 
DANVILLE KAMERS


Kom ek vertel julle gou van die Danville Kamers.

Dit was 'n gebou met kantore wat 'n man gekoop het - en omskep het in "kamers" (was ook al op TV)

Dit is net 'n piepklein kamertjie - geen geriewe of tenminste net 'n wasbak in nie! - niks.
Die ablusie geriewe is in die gang. Storte sonder deure met net 'n dun verslete gordyn! in een woord "HAGLIK"

Prostitusie "ter wille van oorlewing" is 'n voltydse beroep by party mense.

Hierdie kamers word uitgehuur teen 'n gruwelike prys van ± R800-00 en meer per maand. As jy nie dadelik betaal nie word jy uitgeskop! Terwyl ma in die dag binne "die daaglikse brood verdien" - moet die kinders buite in die parkeer area en gange speel.

In die aand is dit te gevaarlik om buite te wees - dan moet hulle maar in die hoek van die kamer sit terwyl al die aksie aan die gang is!!!!!!!!!!!

Ons het nou van hierdie kindertjies in ons kleuterskool! - Dus het ons hulle nou darem vir die oggende uit die "gevaar Zone" en kan ons sorg dat hulle versorg en veilig is! Ek hoop dat ons dalk uiteindelik al die voorskoolse kindertjies wat daar is - in die kleuterskool sal kan kry.

NUWE NOOD
Ons het ook nou 'n egpaar met 'n baba van 2 weke wat "uit die kamers gesit" is omdat hulle nie kon betaal nie. Ons het tydelike huisvesting vir hulle gekry en moet nou vir hulle ook 'n wendy huisie opsit. (die baba se foto is op die website - byskrif "nuwe baba 10 dae oud" vir die wat wil kyk)

So hier gaan ons alweer - ek het die huisie bestel - weereens met die geloof dat ek die fondse daarvoor sal kry. Wat maak mens met 'n 14 dae oue babadogtertjie wat
saam met haar ouers op straat is? die nood is baie hoog!.
 
 
 
 

Ons het 'n egpaar wat tot verlede Vrydag aand in hul stukkende motor op die sypaaidjie gebly het!

'n Barmhartige samaritaan (wat net so sukkel) het vir hulle tydelik verblyf in 'n sink kaia gegee!

Ons het dringend 'n wendy huisie vir hulle nodig en enige beddegoed en klere asook kruideniersware vir hierdie egpaar wat amper 60 jaar oud is!

Help ons asb om hierdie mense te help. Die man het erge arthritis en sy vrou is 'n diabeet.

Ek glo dat ons hulle sal kan help voordat die week om is!

 
 

 
     
 

 
     
 

 
     
 

Dit gaan al bietjie beter - baie dankie..Hulle huisie is op pad!

 
     
 

 
 

En hier is hulle houthuisie!!

 
 
 
  Ons huise het dringend verf nodig! Indien daar 'n blik of twee verf in jou garage staan wat nie nodig is nie - Ons het baie werk daarvoor asb!  
 

 
 
 
 

 
     
 

Ons het 'n groot tekort aan hangkaste - kan iemand dalk hiermee help asb?

 
 
 
 

 
     
 

Tannie Elsie is 77 jaar oud en woon saam met haar 2 seuns in 'n klein buitekamertjie. Hulle loop ± 10km van Claremont af elke dag na Danville om ietsie te kom eet in die middag! Ons het dringend 'n wendy huisie nodig vir hulle - wie kan help asb?

 
 

 
 

Skaars het ons gevra of hule het ook hulle eie houthuisie - baie dankie!!

 
 
 
 

 
     
 

Ons het dringend 'n wendy huisie nodig vir hierdie gesin. In hierdie klein 2x3 houthuisie is daar net 'n bunker bedjie en al 4 seuns slaap hierop!