Grootgeluk Projek

Laezonia

Baie dankie!

GROOTEGELUK PROJEK (Laezonia)
Ons het nou al 8 inwoners! En hulle is dolgelukkig en so dankbaar om veilig onderdak te kan wees! Ek was vanmiddag daar en elke keer lyk dit net beter. Die manne werk hard buite en die vrouens versorg die huis en kook kos vir almal. Julius en Jenny wat ons bestuurders daar is – is voorwaar voorslag mense! Met ‘n ferm hand maar ook baie sag het Jenny die taak van huisvrou en moeder vir almal daar oorgeneem – en sy doen dit uitstekend!

En op die plaas is daar ‘n vark……..en sy naam is Liekorish! Maar Liekorish het ‘n identiteitskrisis hy dink hy is ‘n hond!!! Wat ‘n storie, ‘n miniatuur varkie wat jou kom verwelkom, en die honde jaloers wegjaag om net daarna op jou voet te kom l๊! So lekker om hierdie huislike plaas atmosfeer - vir ons mense wat al so bitter swaargekry het - te kan gee!

Maar hier is werklik baie werk wat gedoen moet word en artikels en donasies wat gekry moet word. Ons sal nou blitsig moet inspring hiermee.

Ons kort die volgende artikels asb (ons vra nie nuwe goed nie – 2e handse artikels in ‘n goeie kondisie is al wat ons voor vra asb)
BUITE
Tuingereedskap, grasmasjien, verf, verfrollers en kwaste, Sement, stene Swembad chloor en suur, Creepy crawley, groente saad, brandblussers, vernis vir die houtvensterrame. Tuinslange. Tuinstoele en tafels