Fondsinsameling vir Ciska

Vriende,

Ek ken hierdie dogtertjie al vir baie jare en dit is werklik ‘n groot noodsaaklikheid vir haar.

Indien dit in enige persoon se vermoeë is om haar te ondersteun of selfs net ‘n klein donasie te maak – sal dit ‘n groot verbetering in haar lewenskwaliteit bring.

Kyk gerus na haar foto – sy is ‘n pragtige dogtertjie wat net bittergraag wil kan sien!

Inligting vir ‘n fondsinsameling met die samewerking van Barnyard is soos volg:

Barnyard is ‘n vermaaklikheids teater met lewende musiek vertonings.

Vertoning: Dancing in the street (Musiek vertoning)

Datum: 2 September 2012, Sondag (bring die kinders en maak dit sommer 'n lekker gesins uitstappie)

Tyd: 14:00

Plek: Barnyard Teater, Parkview shopping centre, Garsfontein weg, (langs Pretoria Oos Hospitaal en oorkant Woodhill Golf Estate).

Kaartjies: R145.00 p/persoon, kinders wat op ouers se skoot sit is gratis, as hulle op hul eie stoel sit beloop dit vol prys.(‘n gedeelte van die kaartjie geld word aan Cisca geskenk vir ‘n apparaat vir haar lae visie, besonderhede van haar diagnose word hieronder verduidelik)

Enige drankies of koeldrank moet by Barnyard se kroeg gekoop word.
Alle eetgoed mag self ingebring word.

Besprekings en betaling word by Angelien Botha en Charlene Roux gedoen.

Rede vir die fondsinsameling

Ons het ‘n 9 jarige dogtertjie wat lae visie het agv ‘n genetiese afwyking. Haar visie verswak gelukkig nie, maar verbeter ook nie. Dit is veilig om te sê haar ogies is konstant.

Ons het agtergekom dat daar fout is tydens haar geboorte in 2003 toe haar oë baie vinnig van links na regs beweeg sonder ophou. Ons het dadelik ‘n afspraak gemaak by ‘n pediatriese oogspesialis by die Oog-Instituut van Pretoria. Hy het haar heeltemal blind verklaar, ons het natuurlik geweet dat sy wel iets moet kan sien aangesien sy reageer op ons teenwoordigheid sonder stemme of aanraking. So het ons toe ‘n afspraak gemaak by ‘n ander oogspesialis wat deur mediese fondse aanbeveel word, hy het vir ons gesê dat sy wel kan sien maar dat sy nog te klein om te kan bepaal wat sy kan sien.

Sy het op die ouderdom van 3 haar eerste bril begin dra wat jaarliks verander moet word. Die voorskrif is so hoog dat dit elke keer wissel tussen R4000.00 en R11 000.00, maar steeds het ons geen duidelikheid oor presies wat die diagnose was nie.

Ons het 2010 ‘n tweede opinie genader wat in Unitas hospital praktiseer, daar het ons vir die eerste keer ‘n diagnose gekry nl: 1.Bilaterale “Bulls eye” makulopatie, 2. Miopiese astigmatisme en 3.Nistagmus.
Die dokter het verduidelik dat dit haar retina is wat nie 100% ontwikkel het nie, maar hy wou steeds haar stuur vir elektrofiolsogiese toetse by Prof Bartell, dit sou bepaal of die seine van haar brein reg gestuur word na haar oë. Dit het hy ook bevestig, die probleem is verseker haar retina en my dadelik na “Retina Vereniging van Suid Afrika” verwys. Daarvandaan is ek weer na ‘n ander spesialis (Dr Joanne Miller) verwys.

Sy het die diagnose ook bevestig en vir ons gesê dit is ‘n genetiese afwyking wat dit veroorsaak het. Tot ons skok het sy ook vir ons gesê dat ons meisiekind slegs 5% visie het.

Maar soos die Here sy doel met alles het, het hy ons seker tyd gegee om haar groot te maak asof sy die hele wye wêreld voor haar kan sien.
Ons het haar in ‘n gewone model C skool gesit in GR R en GR1, sy het ten spyte van haar min visie geweldig goed gevaar. Die juffrou het ons ingelig dat sy nie op die bord kan sien nie, en ons het alles probeer doen om dit vir haar gemakliker te maak.

So het ons uiteindelik besluit op tuis onderrig deur Breinlyn. Sy het baie goed gevaar en is regtig voorbeeldig met haar skoolwerk. Maar sy mis die maats en die skool verskriklik baie. Sy wil ook ‘n kosblik hê en haar tassie pak, saam maats in die saal sing en pouses maats hê om mee te speel. Dis hartverskeurend as dit jou kind se verjaardag wense is.

Ons het op “ South African National Council for the blind” afgekom wat geleë is in Muckelneuk en het dadelik ‘n afspraak gemaak. Ons was eintlik geskok om te sien dat daar soveel verskillende apparate beskikbaar is vir deel siendes.

Die apparaat wat Cisca egter nodig het om dit vir haar moontlik te kan maak om terug te gaan skool toe, word die Smarview 360 genoem, die kostes daaraan verbonde wissel tussen R25 000.00 – R30 000.00. Die apparaat word van Britanje af ingevoer en dit hang natuurlik af van die Euro / Rand . Ondersteun ons asseblief deur kaartjies te koop en saam met ons die dag by Barnyard te kom geniet, dit sal diep waardeer word.
 



Kontak ons asb vir bank besonderhede.
Angelien Botha, 076 103 5132, angelienbotha@yahoo.com

Charlene Roux, 084 502 0427, charlener@mcmotor.co.za

DANCING IN THE STREET
Party all over the world
Dancing in the Street is the one and only Barnyard Show that will give you the opportunity to party all over the world at various famous carnivals, celebrations and festivals. We will criss-cross the globe and visit exotic destinations like the Rio Carnival, the Mardi Gras Carnival in New Orleans, The Cape Minstrel Carnival in Cape Town, St Patrick’s Day in Ireland, The Halloween Festival, The Soccer World Cup 2010 in South Africa and a New Year’s Eve celebration at Times Square - New York.
The celebration starts with the sound of New Orleans and the Mardi Gras Festival with a tribute to Louis Armstrong and quickly moves to Brazil with the sounds of Gloria Estefan, Ricky Martin and Carlos Santana. This show has no boundaries and also includes the glorious sounds of Ireland’s celebration of St Patrick’s Day with songs like Danny Boy, The Wild Rover and The Leaving of Liverpool. The journey continues to Sydney Australia to the Mardi Gras Pink Festival where the disco tunes of Priscilla, Queen of the Desert and songs like It’s Raining Men and I Will Survive . We then experience the scary celebrations of Halloween with Michael Jackson’s Thriller and of course Monster Mash and The Time Warp! The party continues in Jamaica with The Sun Splash Festival and the reggae sounds of Bob Marley’s Stir it up, Could you be loved and the beautiful Redemption Song.
Then it’s time to touch down on our own home soil with our own South African celebrations that are not only historical but also have groove and soul! We celebrate The Cape Town Minstrel Carnival that has been brewed for more than three centuries in District Six and is sure to get the party going. The music never stops and is one endless party as we head for the Soccer World Cup 2010 with the anthem Wavin’ Flag bringing the show to a frenzy!
Just when you thought it could not get better we head for New Year’s Eve at Times Square New York where the audience will link arms and sway to Auld Lang Syn.
There will be dancing, singing and music swinging at The Barnyard Theatre! We’re calling out around the world, are you ready for Dancing in the Street? Get down to The Barnyard Theatre for this year’s biggest Party!