Beterskap Ouetehuis - Pretoria Wes

Huis Beterskap LENTE DAG Funksie - 2 Oktober 2010

Hallo Vriende
Eerstens wil ek BAIE DANKIE se vir almal wat gister gehelp het om die dag n GROOT sukses te maak. Wat ook al jou aandeel was dit word baie waardeer! Persoonlik wil ek ook net se dit is vir my n groot voorreg om saam met so n wonderlike klomp mense te werk wat so gewillig help en bydraes maak! Ook n besonderde DANKIE aan The Croons wat gister kom sing het om die dag nog meer feestlik te maak! Dit was werklik n treat vir die oumense.Die wat dit nie kon maak die maand ons sien julle graag daar n volgende keer.Die HERE was goed vir ons en ons het letterlik potte vol kos gehad om al die honger magies te vul. Weereens het hulle van vroeg af al begin saamdrom voor die deur terwyl ons nog besig was met die laaste voorbereiding.
Ons volgende Funksie by Huis Beterskap is op 2 Oktober 2011 en ons beplan om n lekker braaivleis te doen aangesien die somer nou hier is! Weereens maak ons reg vir so tussen 70 en 80 mense.
Wors, tjop of hoender (Braaipakkies)Pap en vleis, Aartappelslaai, Beet, Roomys, Sap Indien daar dalk iemand is wat
Groete
Kobus van Vuuren
083 754 9054
NS: Ek sluit n foto in van die Lente Koningin wat gister gekroon is. Toevallig was sy ook Mej Bene in Pietersburg toe sy 18 was.
 

 
 
 
     
  Mei 2007 Verjaarsdag Tee en Moedersdag funksie